Met die prototipe in die hand
meet hulle, voor, tydens en erna
die toestand wat liefde heet
op 'n skaal van een tot tien
Tegelykertyd kan hulle sien
of die manne van die son
die vroue van die aarde
en die androgynen van die maan
afkomstig is van origine
Haar liefste kus haar
liefdevol
en swyg op elke vraag