Wat as ek jou nie ontmoet het
jy nie geken het nie, het nie gesien nie.
Die antwoord waai mee met die wind.
Maar ek weet, dat ek jou het
dat ek jou sien en ken
Rooi rose op 'n bed van fluweel
wol aan my voete
as die son wat die reën warm
en die water streel.
Ek ken jou, net soos jy my ken
saam weet ons die tyd
wat ons omring
ons gee, en neem.
Niemand ken ons soos ons
onsself ken,
God weet hoe.